Johan Lodewyk Marais - [19 April 2005 18:14] |
Common ground Vir Emsie Mohr Die fiskaallaksman skree deurdringend dun uit die rand van sy wye grondgebied van voorstedelike tuine en vlieg na die wag-ʼn-bietjie voor die venster. Die vrou kom uit die huis waar Paul Winter se boggelrugwalvisse lonkend sing vir voëls in koue, in toe skoendose, op hittekussings en out T-hemde. Sy klap die voordeur en roep: “Wáár is jy?” Stap die tuin binne waar die walvislied saam met koel sproeireën oor die blare sif. Die fiskaal sirkel af uit die toppe, sak fladder-fladder van tak tot tak af, deur die vlinderspel van blare af, af deur die koeltes tot by die meelbakkie en pik die geelwit wurms gulsig op. |
Printed via the | content management system |